Gertjie

Volkslied uit Zuid-Afrika

Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie;
dit is tyd dat ons gaan trou.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

'k Hoor jy is verliefd op Sarie, Sarie,
maar die pret moet jy laat staan!
O, pas maar op vir Piet en Danie, Danie:
hul is kêr’ls, wat somaar slaan.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

Jy weet, as ons sondags kuier, kuier
agter om die kop verby,
dan sê ek: nonnie, lig jou sluier, sluier,
kom en gee ‘n soen vir my.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

Jannie, al die soentjies help nie, help nie;
kijk vir Pieter en vir Griet:
vandag wil hul mekaar nie hê nie, hê nie,
al die soentjie was verniet.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.

Ons moet dan die pret maar staan laat, staan laat
ons moet maar die soen laat bly;
ek sal my eie pad dan kry maar, kry maar,
en jy kan na Sarie vry.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie;
maar my jare gaan verby.


Contact
Algemeen Nederlands Zangverbond
Collegelaan 106
2100 Antwerpen
  • 03 237 93 92
  • info@anz.be
Een samenwerking tussen

Algemeen Nederlands Zangverbond, Studiecentrum voor Vlaamse Muziek en Bibliotheek Koninklijk Conservatorium Antwerpen. Met de steun van de Vlaamse Gemeenschap.